Welkom by Confido Bonsmara
Confido Bonsmara bestaan reeds sedert 2010. Ons boer egter sedert 2001 passievol met kommersiële Bonsmaras op die plaas Confido in die Lindley distrik. Die stoet kudde is begin met verse en ‘n bul wat by Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmaras aangekoop is.
Die bul, ADV07 005, vanaf bloedlyn AG98 338 en AG02 251, lê die grondslag van die genetika in die kudde. Die bul teel ongelooflike verse wat in die kudde behou word. Ons het van die begin af in goeie genetika belê.
Daar word daarna gestreef om geharde en aangepaste diere te teel. Vrugbaarheid is ‘n prioriteit met ander seleksiedoelwitte soos lae geboortemassa, hoë speenmassa en hoë melkproduksie deur gebruik te maak van mediumraam teeldiere.
Die doelwit is om die kudde uit te brei tot 220 stoetdiere vanwaar die kudde intensief verbeter kan word om die visie te verwesenlik van “Vertroue in die ras en genetika”.
Confido Bonsmara fokus daarop om geharde bulle aan die kommeriële teler te voorsien. Die kommersiële teller moet met vertoue die bulle in sy kudde kan gebruik met die wete dat die genetika waarde gaan toevoeg tot die kudde. Bulle moet breed en manlik wees met goeie kapasiteit en voldoende bespiering. Dit spreek vanself dat vrugbaarheid nie onderhandelbaar is nie.
Confido Bonsmara streef daarna om mooi, vroulike koeie met diepte en kapasiteit asook goeie balans te teel.
Kontak Ons
Ons wil graag met jou gesels, kontak ons gerus!
Andre Willemse
- Sel: 082 807 3579
- Email: andre@confidobonsmara.co.za
Retha Willemse
- Sel: 082 3003 299
- Email: retha@confidobonsmara.co.za
Tanya Willemse
- Sel: 083 6577 097
- Email: tanya@confidobonsmara.co.za